Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Jannie du Toit - De Wals van de Liefde | Die Centurion Teater

Jannie du Toit - De Wals van de Liefde | Die Centurion Teater

https://www.quicket.co.za/events/348111-jannie-du-toit-de-wals-van-de-liefde-die-centurion-teater/

When:

Where: 🕳 Centurion Teater

How much:

🎟️ R180.00Quicket

DE WALS VAN DE LIEFDE - Jannie du Toit se gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu.Jannie du Toit (sang en kitaar)Marcel Dednam (klavier en sang)Deryn Dednam (altsaxofoon en sang)

Jannie du Toit het in 1979 Nederlandse luisterliedjies by ’n platewinkel in Amsterdam gaan soek en dit het die res van sy loopbaan ingrypend beïnvloed. Sy heel eerste Nederlandse liedjie op die verhoog was een van Herman van Veen, daarna sing hy in Van Berlyn tot Bapsfontein (1988) Nederlandse liedjies saam met Laurika Rauch, en sy eerste volledige program van Nederlandstalige musiek was DE KLEINE MAN saam met Christa Steyn in 1994.

Later word Nederlandse weergawes van Jacques Brel se liedjies asook Jules de Corte se musiek ook deel van sy repertorium. By sy konserte is daar altyd weer versoeke vir sy “Hollandse” liedjies: Marieke van Brel, Ik zou wel eens willen weten van Jules de Corte, Achter de horizon van Robert Long, Belastingcontroleur van Urbanus en De kleine man van Louis Davids. Nou kry musiekliefhebbers die geleentheid om al die “toppers”, soos die Nederlanders sê, in een program te hoor.

Veertig jaar nadat Jannie Nederlands op die verhoog begin sing het, is DE WALS VAN DE LIEFDE van die beroemde Nederlandse kabaretsanger, Toon Hermans, die titellied van sy nuwe program van persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu. Jannie word in hierdie produksie op klavier en alt-saxofoon begelei deur Marcel en Deryn Dednam. Marcel het bekendheid verwerf as begeleier vir Nataniël, Anna Davel, Leon Gropp en andere en Deryn begelei, soos Marcel, gereeld vir Anna Davel.