Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | Die Centurion Teater

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | Die Centurion Teater

https://www.quicket.co.za/events/352751-mel-die-storieverteller-internet-sensasie-die-centurion-teater/

When:

Where: 🕳 Centurion Teater

How much:

🎟️ R205.00Quicket

🎟️ R220.00Quicket

🎟️ R235.00Quicket

Mel die Storieverteller - Internet Sensasie

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller inlewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in dieregte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaangehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.

Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers enliggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en onsalmal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!