What: 🎵 NATANIËL – CAKE TOPPER (Joburg)
![NATANIËL – CAKE TOPPER (Joburg)](https://content.webtickets.co.za/jhbtheatre/banner_Cake%20Topper%20Nataniel%20Webtickets%20Image_20241022_151602.jpg)
When:
Who: 🎤 Charl du Plessis and 🎤 Nataniel
Where: 🕳 Roodepoort Theatre
How much:
🎟️ R290.00Webtickets
Die nuutste vertoning deur Nataniël!
Duiweltjies op die hoeke van ’n eeue-oue katedraal, talle kunswerke wat
dieselfde een-oog wese uitbeeld, die kosbare septer van ’n koningshuis, die
herkenbare logo van ’n geliefde bakkery, die spesifieke vorm van ’n stopteken,
is hierdie net die fantasieë van ’n paar ontwerpers of is dit die simbole van
ons lewens en geskiedenis? Is daar betekenis en geheime?
.
Van die begin van tyd bly die visuele die kragtige tweede taal van die
mensdom. Van ’n helm tot ’n tiara, van ’n sjefhoed tot ’n sonkep, watter
boodskappe skuil in ons kleredrag, liggaamshouding, die modes van ’n uiters
gewilde musiekvideo of die lettertipe waarmee ’n splinternuwe riller
aangekondig word?
Oorspronklike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniel se nuutste skepping, CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.
Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier + klawerbord), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).
Kostuums is ontwerp en gemaak deur Floris Louw.
95 minute, geen pouse
Geen kinders onder 13
Geen selfone
Geen kortbroeke (dis ’n teater)
Geen drank of verversings in ouditorium toegelaat