What: 📅 InFusionkursus - 24 Julie 2025

https://www.quicket.co.za/events/318549-infusionkursus-24-julie-2025/
When:
Where: 🕳 Communitas
How much:
🆓 Quicket
Vind jou plek in Oosterlig!
Ons wil graag dat jy jou plek hier by Oosterlig vind. Niemand van ons wil net ’n nommer in ’n groot groep mense wees nie. Daarom bied ons die InFusionkursus aan - ‘n spesiale reis vir al ons nuwelinge.
Die kursus beloof om jou geestelik te versterk en nader aan Jesus te bring, asook om ‘n verhouding te bou met jou mede-kerkgangers.
Die volgende InFusionkursus begin Donderdag 24 Julie en strek oor 6 weke.
Kursusdatums: Donderdae (6 weke)24 Julie, 31 Julie, 7 Augustus, 14 Augustus, 21 Augustus, 28 Augustus
Ons eet almal 18:30 saam en begin 19:00 met die kursus. Daar is geen kostes aan verbonde nie. Ons verskaf die kursusmateriaal, bring ’n pen of potlood saam vir notas.
Oppasdiens vir kinders is beskikbaar:
Daar sal ‘n kinderoppasdiens beskikbaar wees vir die kinders.Maak asseblief seker jou kind/ers se volledige inligting word verskaf, sodat ons die nodige inligting kan deurgee aan die kinderoppassers.Speel-en slaapgoed mag saamgestuur word.As gevolg van allergieë en voorkeure, verkies ons dat jy as ouer self sorg vir jou kind se kospakkie vir die aand
Besprekings sluit op 17 Julie 2025.
Vir enige navrae kontak Belinda by belinda@oosterlig.co.za