What: 🎵 Glimlag Fees 2026
https://tickets.tixsa.co.za/event/glimlag-fees-2026
When:
Who: 🎤 Dirk van der Westhuizen, 🎤 Kurt Darren, 🎤 Martin Bester, 🎤 Spoegwolf and 🎤 Steve Hofmeyr
Where: 🕳 Benoni Northerns Sports Club
How much:
🎟️ R10.000 - 5 Jariges
🎟️ R100.006 - 12 Jarige
🎟️ R225.00Studente
🎟️ R260.00Volwassenes
GLIMLAG FEES 2026 IS TERUG!
Maak reg vir ’n dag wat jy nie gaan vergeet nie – op Saterdag 3 Oktober 2026
vind die Glimlag Fees vir die sesde keer plaas. Benoni Northerns Sportsgronde
is die tuiste van dié lekkerte in Benoni, en feesgangers kan uitsien na ’n
hoogtepunt op die feeskalender.
Die Glimlag Fees is meer as nét ’n musiekfees – dis die spesiale oomblikke
saam met spesiale mense wat dieselfde liefde as jy deel: samesyn, lag en
herinneringe maak.
Vanjaar spog die fees met topkunstenaars op die verhoog:
Dirk van der Westhuizen, Tamlyn Wessels, Onike, Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore,
Kurt Darren, Martin Bester, Danny Smoke en Spoegwolf.
Feesgangers kan ook uitsien na plaaslike Benoni-talent wat die dag gaan afskop
– in die kol om die feesgees van vroeg af aan die gang te sit!
KAARTJIES:
EARLY BIRD (1 MEI – 5 JUNIE 2026)R215 – beste prys beskikbaar
EERSTE 500 KAARTJIES (BEPERK!)Kry ’n GRATIS Glimlag Fees Lojaliteitsklub-
koeponboekie! Dié koeponboekie is propvol afslag en spesiale aanbiedinge by
stalletjies en ander feesvennote.
Neem kennis dat kaartjies op die dag by die hekke duurder sal wees.
Moenie wag nie – koop vooraf en spaar.
Die Glimlag Fees Lojaliteitsklub is terug!Eksklusiewe voordele, unieke
ervarings en verrassings – net vir dié wat deel is.
’n Fees met ’n hart:Glimlag Fees is trots om saam met die Smile Foundation ’n
verskil te maak. Jou bywoning help om hoop te bring en glimlagte te herstel in
die lewens van kinders wat dit die nodigste het.
Kosstalletjies
Yskoue verfrissings en ’n biertent
Top Afrikaanse kunstenaars
’n Fees vir die hele familie
Of jy nou kom vir die musiek, die kuier of die egte Benoni-feesatmosfeer – hierdie is waar jy wil wees.
KOM IN KONTAK
012 880 2635 / support@tixsa.co.za
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 9vm - 5nmSaterdae: 10vm - 2nmSondae: 10vm - 1nmOpenbare
Vakansiedae: 10vm - 1nm