What: 🎵 Paradyskloof - 'n Musiek Produksie

https://www.quicket.co.za/events/331188-paradyskloof-n-musiek-produksie/
When:
Where: 🕳 Doxa Deo Brooklyn
How much:
🆓 Quicket
🎟️ R140.00Quicket
🎟️ R210.00Quicket
Doxa Deo Brooklyn bied aan Paradyskloof…
Welkom in die wêreld van Adam en Eva Van Eeden – pasgetroud, beeldskoon en die vonkelpaartjie van die luukse Paradyskloof Estate. Alles skitter: diamante, sjampanje, perfekte tuine en gala-aande… maar onder die blink oppervlak lê daar geheime wat wag om oopgebreek te word.Met ’n oorspronklike teks, musiek, dans, uitspattige karakters en ’n storie vol humor, drama en onverwagte draaie, neem meer as 40 Paradyskloof akteurs en dansers jou op ’n reis waaroor geen estate WhatsApp-groep kan stilbly nie…en die slang in die gras nie verskuil kan bly.
Die storie van Adam en Eva kry ’n nuwe blaadjie maar moenie dink jy ken die einde nie…Paradyskloof gaan jou laat lag, laat huil, en laat HOOP.
Paradyskloof. Dis jou storie, dis ons storie.
Paradyskloof: Van skandaal… tot glorie.”