Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Fokofpolisiekar @ Silverstar Barnyard, JHB

Fokofpolisiekar @ Silverstar Barnyard, JHB

When:

Where: 🕳 Fokofpolisiekar @ Silverstar Barnyard, JHB

“20 Jaar celebration & album playthrough.

Kom vier 20 jaar van Monoloog in Stereo saam met Die Bende. Vir die eerste keer in 20 jaar gaan hulle die hele Monoloog in Stereo EP deurspeel, maar moenie worry nie – daar gaan ook geraas gemaak word ‘n met harde rock set sodat almal ordentlik kan celebrate!

In 2005 het Fokofpolisiekar besluit om iets anders te probeer. Dit was die geboorte van ‘n acoustic EP getiteld Monoloog in Stereo.

Liedjies soos “Die Illusie van veiligheid”, “Ek dink aan jou as dit reën” en die titelsnit “Monoloog in stereo” het gehelp om die groep ‘n dieper dimensie te gee en is vandag nog van hul gewildste liedjies.

Liedjies soos “Oop vir misinterpretasie” en “Die seksuele revolusie” was in 2005 laas live gespeel.

Laat die band jou op ‘n reis deur Monoloog in Stereo vat met ‘n unieke Fokofpolisiekar vertoning soos nét hulle kan.

Hierdie is die een Fokofpolisiekar vertoning wat jy kan kan mis nie!”