What: 🎵 Die Vyftigers

https://tickets.tixsa.co.za/event/die-vyftigers-
When:
Who: 🎤 Gian Groen
Where: 🕳 AfriForum Teater
How much:
🎟️ R250.00Grondvloer Middel
Die Vyftigers het die land gaande
Hierdie jaar is Afrikaans amptelik 100 jaar oud. Maar weet jy wat nog? Daar is
’n klomp talentvolle manne wat in 2025 hul eie 50 jaar om die son vier —
presies die helfte so oud soos ons geliefde moedertaal. Wie is hulle?
Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal — vier
kunstenaars, vier stories, een verhoog. Hulle skryf, speel en leef Afrikaans
soos min, en nou is hulle saam op een verhoog vir ’n aand van rou, eerlike
musiek en viering. Noem dit ’n bietjie sin maak van die laaste 100 jaar van
taal en die laaste 50 jaar van lewe — alles in een aand, een plek, en in een
kragtige, kreatiewe taal: Afrikaans.
Hulle noem hulself Die Vyftigers.
Die Vyftigers bekoor gehore sedert April dié jaar en die opvoering belowe om
net so besonders te wees – met melodie, ritme, lag en liriek wat lank ná die
laaste noot sal bly hang.
Vervaardig deur: Neil SandilandsMusikale regie: Schalk JoubertTeks: Neil
Sandilands, Gian Groen, Abel Kraamsaal, Schalk Joubert