What: 🎵 Spat and Sprint

https://tickets.tixsa.co.za/event/spat-sprint
When:
Where: 🕳 Hoërskool Oos-Moot
How much:
🎟️ R50.002-6 years old (Mini Spat & Sprint)
🎟️ R80.00Non Participants Entry Ticket
🎟️ R100.0018 years and older
🎟️ R180.00Scholars Double Up (2 participants)
🎟️ R360.00Scholars Group (4 participants)
🎟️ R400.00Group/Company (4 participants)
Spat & Sprint op 9 Augustus 2025. Hekke maak 7:00 oop en die Wegspring is
8:00Kaartjies is beskikbaar op Tixsa vanaf R100 vir volwassenes wat deelneem
aan die Colour Run. Skryf in as ’n span en geniet die voordeel van afslag.
Kom LOOP. DRAF en LAG SAAM OP VROUEDAG IN PIENK & WIT. Hierdie 5.3km pretdraf
is vir oud en jonk, elke kilometer is ’n ander kleur. Ons doel is om die
gemeenskap bymekaar te bring en die dag saam te geniet. Ons wil graag die hele
Pretoria en al die skole uitnooi om die dag saam met ons te kom kuier. Skryf
in as individu of as span/maatskappy.
Daar gaan musiek, kos, drinkgoed, baie pret en kuier wees. Veilige parkering
is beskikbaar op ons sportgronde teen R50. As jy ’n beter ‘cheerleader’ is en
nie wil deelneem nie kan jy ook net kom saam kuier. ’n Mini Sprint & Spat word
vir die jongspan 2-6 jaar aangebied. 2-6 jariges wat nie deelneem nie se
toegang is GRATIS.
Die hele gemeenskap gaan daar wees, kom ons KLEUR die Moot in.
Die geleentheid word aangebied deur Hoërskool Oos-Moot in samewerking met
Jakaranda Kinderhuis en Louis Botha Kinderhuis. Hierdie instansies kry ook ’n
gedeelte van die kaartjieverkope.
Dit gaan beslis een vir die boeke wees, jy moet dit nie misloop nie. Hou ons
sosiale media dop vir ‘FLASH SALES’.
Koop jou kaartjie NOU!!
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: support@tixsa.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm