Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Ma's Met 'n Missie - Magies Vol Liefde

Ma's Met 'n Missie - Magies Vol Liefde

https://www.quicket.co.za/events/351821-mas-met-n-missie-magies-vol-liefde/

When:

Where: 🕳 Industrial Works

How much:

🎟️ R70.00Quicket

Ma’s met ’n Missie samekoms – 31 Januarie 2026

Ons nooi alle mammas uit – hetsy jy swanger is of ’n kleintjie tussen 0 en 5 jaar oud het – om saam met ons ’n heerlike oggend te geniet. Ma’s met ’n Missie is jou kompas tot groei, waar ons saam as ’n gemeenskap van ma’s kan leer, netwerk, luister na mekaar se stories, gehoor word en nuwe vriendskappe vorm. Dit is ’n ondersteunings- en bemagtigingsgroep spesifiek vir jong ma’s.

Ons droom is om ’n warm, liefdevolle gemeenskap te laat groei, hier in die hartjie van Centurion, waar niemand alleen voel nie.

Ons is ook baie opgewonde om die entrepreneur, Marita Bezuidenhout, van Magies vol Liefde as spreker by ons afskop byeenkoms te hê. Wil jy presies weet hoe en wanneer jy jou baba moet blootstel aan vaste kos en hoe om hulle allergieë te toets? Marita sal elke ma toerus met die nodige kennis hieroor. Sy sal ook praktiese wenke deel oor hierdie twee temas.

Die koste vir die oggend beloop R80 per persoon. Dit sluit ’n ontbyt, koffie en inligtingsessie van Magies vol Liefde in.

Jy is ook meer as welkom om jou baba/kind/kinders saam te bring. Daar is ’n speelarea vir die kinders beskikbaar.

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!