Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 JENNIFER ZAMUDIO

JENNIFER ZAMUDIO

When:

Where: 🎰 Barnyard Silverstar

How much:

🎟️ R195.00Barnyard

Op die verhoog is Jennifer Zamudio ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor in die palm van haar hand. Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in ‘n vertoning nie. Haar energie is verseker aanvoelbaar en aansteeklik.

Die SAMA genomineerde kunstenaar het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger en liedjieskrywer, en met 14 vollengte albums het sy die kuns bemeerster om musiek met polsende ritmes en sielvolle lirieke deur haar emosionele en eerlike vertolking met jou hart te laat praat. Jy kan verseker wees van ‘n “Maak dit net lekker” ervaring met Jennifer se bestes, mooistes en gewildstes! Jou binneste gaan blom!