Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 Nimmerfees aangebied deur die Aardskinders & Joshua na die Reën | 19 April 2026

Nimmerfees aangebied deur die Aardskinders & Joshua na die Reën | 19 April 2026

https://tickets.tixsa.co.za/event/nimmerfees19apr26

When:

Where: 🕳 Kleinkaap Boutique Hotel

How much:

🎟️ R100.00Kinders ( onder 12jr)

🎟️ R200.00Early Bird (End 31 Dec)

🎟️ R250.00Studente (12 - 21jr)

🎟️ R350.00Volwassennes

Nimmerfees
ek vermoed dit al vir jare,soos ek my oor teen die aarde laat rus,die dreuning,iets wat aankomiets wat weer kleef soos stof onder ons voetedaai gevoel wat ons as kinders gehad hetdaai gevoel wat se “ek leef”
ek het ure gestaan op ’n grondpad,so 5km se draf van ons huis afek was ’n tienermy oe asof die see daarin woedek staar na die Westedaar waar die son sakdit bewe binne my, ek kan voel hoe die einde voeldit voel dan soos die begin en als tussenin
na ’n goeie drafen gesprekke met Godop ’n ou hout stoel voor my R2000 klavier(wat ek as jong seun in ons kerk wou speelmaar die mense wou eerder die orrel he, toe eindig hy in my kamer op)het als begindie gedigtedie songssodat ek kon asemhaalsodat ek kon leef
ek is Jacques de Villiers"Joshua na die Reen" is ’n naam vir dit wat uit my gekom hetJoshua - dit wat mure afbreeksoos om dood te gaanna die Reen om weer te groeisoos die veld op ons plaas na die winterek het nooit gedink dit wat ek skryf sou julle ore bereik niedat julle by shows my woorde sou saamsing nienou is dit ons woordenie meer myne nie
nou jare laterdroom ek weerdie keer oor iets vaagweg bekendopgesluit in die kind wat nog in ons leefdie een vir wie die Koningkryk is
Seuns van Vlugsoos om te vliegons almalvanuit die Een wat ons geskep het
19 April 2026, stel ek en die band die nuwe dimensie van Joshua na die Reen by KleinKaap Boutique Hotel in Pretoria vry, en op dieselfde dag stig ons in samewerking met Die Aardskinders, die heel eerste Nimmerfees. En ons gaan dit elke jaar van hier af doen.
Imagine ’n dag met bands wat almal musiek maak met die intensie om te gee. ’n Bier in die lug en goeie wyn in jou glas. ’n Feesmaal in die skemerson. Iets nuuts, iets lig.
Laat die dag jou betower. In die bewustheid van die oomblik. Omring deur bome op die rug van musiek soos branders, in die kuns van saamwees op die reis van menswees.
Die Nimmerfees, aangebied deur die Aardskinders
12:00 - hekke maak oop13:00 - Luzelle14:30 - Van Der Aven16:00 - Pleinair17:00

  • JNDR ft. Seuns van Vlug
    ✨19 April 2025
    ✨ Kleinkaap Boutique Hotel - Garden Venue
    ✨ Hekke maak oop 11h30, Festival begin 12h00, Festival eindig 18h30
    ✨ Kaartjies:

Early Bird Kaartjies - R200 per persoon (Geldig tot 31 Desember 2025)
Volwassenes - R350 per volwassene
Studente (12 -21jr) - R250 per student
Kinders (Onder 12jr) - R100 per kind
Familie Pakket (5 persone) - R1250
Familie Pakket (4 persone) - R1000

✨ Kos- & Drank Stalletjies beskikbaar by die fees. Neem asb kennis dat geen eie drink of eetgoed toegelaat sal word tydens die fees.
Die fees vind buite plaas; egter kan die geleentheid binnenshuis geskuif word indien daar onvoorsiene weerstoestande of reen vir die duur van die geleentheid voorspel word.
Neem asseblief kennis dat Kleinkaap se geleentheidskaartjies SLEGS via ons amptelike webtuiste onder die “experience” knoppie op (www.kleinkaap.co.za) of deur die amptelike tixsa.co.za verkoop word. Kontak ons vir meer inligting by 012 654 9878 of hello@kleinkaap.co.za. Let asseblief op: hierdie is ’n nie- terugbetaalbare geleentheid.