Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🤣 Komedie aand saam Matie van Graan - Ons Prati Khaki, Ons Dra Dit

Komedie aand saam Matie van Graan - Ons Prati Khaki, Ons Dra Dit

https://tickets.tixsa.co.za/event/kleinkaapmatievangraan26nov

When:

Where: 🕳 Kleinkaap Boutique Hotel

How much:

🎟️ R385.00Dinner & Show Ticket

MATIE VAN GRAAN: ONS PRATI KHAKI, ONS DRA DIT!
’n Komedie-aand & ete by Kleinkaap Boutique Hotel, Centurion
Kry jou khaki reg, bring jou humorsin en kom geniet ’n aand waar daar ’n bietjie waarheid in elke grappie skuil.
Op 26 November verwelkom ons die een-en-enigste Matie van Graan by Kleinkaap vir ’n aand van stories, skaterlag en ’n lekker aandete.
Matie het bekendheid verwerf as die oorspronklike Boerboel Tannie, maar agter die khaki is daar heelwat meer. Sy is ’n gekwalifiseerde bokwagter, aktrise, MC en sosiale media-persoonlikheid wat as @matiestad haar unieke blik op die Suid-Afrikaanse lewe met haar volgelinge deel.
Met haar debuut stand-up neem Matie jou op ’n komiese reis deur die lewe van ’n plattelandse tannie, bokwagter en professionele khaki-hanteerder. Sy vertel stories, deel haar fabels en lesse, en pak die tipe vrae aan wat jy dalk al wou vra, maar nie noodwendig hardop wou se nie.
En omdat geen Suid-Afrikaanse aand volledig is sonder ’n bietjie kompetisie nie, bederf Matie ons met ’n spesiale Wys jou vleis beoordelingskompetisie.

Heerlike aandete ingesluit
Matie van Graan se komedievertoning
Wys jou vleis beoordeling
Giveaway
En genoeg waarheid om jou te laat wonder of jy moet lag of huil

26 November 2026
17:30 vir 18:00
Vertoning begin 19:00
R385 per persoon | Ete & vertoning ingesluit
Kom kuier saam by Kleinkaap in Centurion vir ’n aand waar die kos lekker is, die stories nog beter is en die waarheid soms net ’n grappie met ’n khaki-hoed op is.
Kaartjies is beperk. So trek jou khaki, bring jou mense en kom lag saam met ons!
Bespreek jou kaartjies aanlyn by https://kleinkaap.co.za/eventsandfestivals/ Kaartjies word slegs verkoop deur tixsa.co.za - geen herverkoperkaartjies word aanvaar nie. Kaartjies is nie terugbetaalbaar nie. T’s & C’s geld.
Navrae: hello@kleinkaap.co.za | 012 654 9878