What: 📅 KragDag Ekspo 2025

https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2025
When:
Where: 🕳 KragDag Ekspo
How much:
🎟️ R75.00Volwassenes
KragDag Sentraal 2025
Die Selfstandigheid-, Landbou- en Wegbreek-ekspo
Die KragDag Ekspo is ‘n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare
oplossings, met fokus areas soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding,
vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting,
entrepreneurskap en ander doen-dit-self besieling. Dit bied ’n platform vir
entrepreneurs, besighede, boere en huishoudings om kennis te deel en
oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl.
KragDag is ’n jaarlikse versamelpunt (660 uitstallers en 34 000 besoekers in
2024) vir selfdoen-entoesiaste en innoveerders om moderne uitdagings te verken
met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings, maar dit bied ook ‘n
uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie en is ‘n leersame en
inspirerende ervaring in ‘n karnaval atmosfeer.
Dit bied ‘n spyskaart van bedrywighede, soos die Kopskuifateljee met
gedagteprikkelende gesprekke deur aktuele persoonlikhede, ‘n mengelmoes van
interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies en diere- en
landbouvertonings.
‘n Groot verskeidenheid kuierareas bied ook heerlike spys en lafenis.
Die tema van die KragDag 2025 Ekspo is “Bou ’n nalatenskap!”
Kyk gerus na die terugblikvideo van Sakeliga KragDag 2024 en sien opgewonde
uit na hierdie jaar se ekspo!
KragDag skenk R5 van elke ekspo-kaartjie wat gekoop word vir die bou van die
nuwe Akademia kampus. Indien jy verlang, kan jy ‘n bykomende donasie daarvoor
maak op die betaal bladsy.
Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria
Datum: 7 - 9 Augustus 2025
Kaartjies
Vooraf: R75 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn
Tydens ekspo: R120 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn / hek
Parkering: Gratis beskikbaar.
Webwerf: www.kragdag.co.za
Kaartjies met trots gebring deur ontbytSAKE se