What: 📅 KragDag Ekspo 2026
https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2026
When:
Where: 🕳 KragDag Ekspo
How much:
🎟️ R85.00Volwassenes
KragDag Sentraal 2026
www.kragdag.co.za
Die Selfstandigheid-, Landbou- en Wegbreek-ekspo
Die KragDag Ekspo is ‘n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare
oplossings, met fokus areas soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding,
vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting,
entrepreneurskap en ander doen-dit-self besieling. Dit bied ’n platform vir
entrepreneurs, besighede, boere en huishoudings om kennis te deel en
oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl.
KragDag is ’n jaarlikse versamelpunt (600+ uitstallers en 32 500 besoekers in
2025) vir selfdoen-entoesiaste en innoveerders om moderne uitdagings te verken
met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings, maar dit bied ook ‘n
uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie en is ‘n leersame en
inspirerende ervaring in ‘n karnaval atmosfeer.
Dit bied ‘n spyskaart van bedrywighede, soos die Kopskuifateljee met
gedagteprikkelende gesprekke deur aktuele persoonlikhede, ‘n mengelmoes van
interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies en diere- en
landbouvertonings.
‘n Groot verskeidenheid kuierareas bied ook heerlike spys en lafenis.
Die tema van die KragDag 2026 Ekspo is “Druppels word strome, strome word
riviere!”
Kyk gerus na die terugblikvideo van Sakeliga KragDag 2025 en sien opgewonde
uit na hierdie jaar se ekspo!
Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria
Datum: 6 - 8 Augustus 2026
Kaartjies
Die toegangsfooi is R135 per volwassene, maar deur jou kaartjie vooraf te koop betaal jy slegs R85 per volwassene (dus R50 afslag). Toegang vir kinders tot die ouderdom van 18 jaar is gratis, maar daar moet steeds gratis kaartjies vir hulle “gekoop” word!
Parkering: Gratis beskikbaar.
Webwerf: www.kragdag.co.za