What: 🎵 Leon Oosthuizen @ Musaion Theater

When:
Who: 📚 Leon Oosthuizen
Where: 🕳 Musaion Theater
How much:
“Konsertina en Trekklavier aan die middelpunt in ’n wêreldklas akoestiese konsertsaal as deel van die Eeufeesvieringe van Afrikaans as amptelike taal. Dis inderdaad Erfenismaand en ikoniese klanke word opgetower deur die meesters. Die toekoms lyk sommer blink met die jeug wat verbyster met flinke fingers op Wêreldonderwysersdag. Klassieke sang en ballet wat naatloos saamsnoer met die konsertina en trekklavier verras, maar immers is Amira in ons midde, die wenner van Holland’s Got Talent in 2013 op 9-jarige ouderdom. Het jy al die saag in lewende lywe gesien speel? Kom kyk! Ervaar ’n magiese musiekreis wat klanke van klassieke meesterstukke, egte boeremusiek, geliefde volkswysies, Afrikaanse treffers en sprankelende wêreldmusiek saamsnoer in ’n besonderse huldeblyk aan Afrikaans, ons erfenis en ’n padkaart van betowerende moontlikhede wat vryrietinstrumente bied vir oud en jonk.
Met konsertina- en trekklaviermeesters: Willie Botha, Hannes Schoeman, Leon Oosthuizen, Dries Laas, Stephaan van Zyl, Louis Verwey, Willie Jooste en gaskunstenaars: Amira Willighagen, Chanie Jonker, Mauritz Lotz, Martin Lane en vele meer. Ook met Willem Pelser as seremoniemeester.
Bespreek nou by: https://tickets.tixsa.co.za/event/konsertina-trekklavier-is-groot”