Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Bonatuurlik Kinderbediening Opleiding en Toerusting Konferensie – Dag van Konneksie

Bonatuurlik Kinderbediening Opleiding en Toerusting Konferensie – Dag van Konneksie

https://www.quicket.co.za/events/330523-bonatuurlik-kinderbediening-opleiding-en-toerusting-konferensie-dag-van-konneks/

When:

Where: 🕳 Lewende Woord Kruis Kidz Venue

How much:

🎟️ R80.00Quicket

🎟️ R100.00Quicket

🎟️ R450.00Quicket

🎟️ R900.00Quicket

Bonatuurlik Kinderbediening Konferensie – Dag van Konneksie

Datum & Tyd: 13 September 2025 | 09:00 – 15:00Plek:Lewende Woord Brummeria, Pretoria

Beskrywing:Hierdie Bonatuurlik Kinderbediening Konferensie is ’n Dag van Konneksie – verbind met God, verbind met jou span, en leer hoe om die kinders wat jy bedien op ’n dieper vlak te bereik.

Dis ’n dag vol Herlaai en Inspirasie oomblikke met verskeie gassprekers wat God se Woord en praktiese idees vir kinderbediening gaan deel. Jy gaan huis toe met nuwe energie, vars visie en baie praktiese gereedskap om jou vaardighede te slyp en die volgende generasie se harte vir Jesus te wen.

Sprekers sluit in:Leon & Jackie (Lewende Woord KidzConnectSa)Maresa Van Der Walt (AGS Siloam, Bloemfontein)Albert Van Der Westhuizen (Taberna Dei Polokwane, Kidznet)Charmaine Manuel (Jway)

Vir wie is dit?Kinderkerk Leiers, kinderkerk spanne, ouers, pastore, en enigiemand met ’n hart vir kindersSelfs tieners en jongmense wat deel is van ’n kinderbediening-span sal groot baat vind by die dag. Moenie dit misloop nie! Jy gaan die “nuts and bolts” en die gereedskap kry wat jy nodig het om ’n Sondagdiens aan te bied wat kinders bereik en help om geestelik te groei in die teenwoordigheid van God.

Koste: R180 per persoon Sluit in: Muffins & tee/koffie (Geen middagete ingesluit nie – bring jou eie piekniekmandjie. Koffie, koeldrank en moontlike etes beskikbaar by die restaurant.)

Ekstra: ’n Hulpbronarea met kinderbedieningshilpbronne en materiaal beskikbaar.

Belangrik:

Voorafregistrasie op Quicket is verpligtend. Geen registrasie by die deur nie.Intussen – as jy goeie kinderbediening-hulpbronne in Afrikaans en Engels soek, besoek gerus www.kidzconnectsa.com en kry 25% afslag op jou volgende bestelling met die kode BN25

Beperkte sitplekke – bespreek jou plek vandag nog!

Geen kinderversorging sal beskikbaar wees nie. Jongmense, Tieners en ouer laerskoolkinders wat betrokke is in kinderbediening is welkom om ook ’n kaartjie te koop. Geen kinders mag sonder toesig wees of buite speel tydens die sessies nie.