Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 🎵 SING SUSSA SING 2 DEELNEMER

SING SUSSA SING 2 DEELNEMER

https://tickets.tixsa.co.za/event/sing-sussa-sing-2deelnemer-pirju6r

When:

Where: 🕳 State Theatre

How much:

🎟️ R780.00Sing Sussa Sing SOPRAAN

Aandag alle dames!
Voel dit soms of jou gô uit is?
Is jy moeg vir die alledaagse stresse van die lewe?
Wil jy ontsnap en iets lekkers vir jouself doen?
SING SUSSA SING!
‘n 4-dag koekerasie van saamsing, saamlag in die hartjie van die Hoofstad, saam met dirigent, Christo Burger en die storie-meester, Nataniël!
Hierdie lekkerte is vir dames van alle ouderdomme (12 jaar en ouer), so bring jou, ma jou sussie, jou kleindogter, jou skoonma, jou laerskool hoofmeisie en kom sing saam in die ikoniese OPERA teater by die Suid-Afrikaanse Staatsteater!
Die konsert-vibe is ‘n vermaaklike, saamsing, saamlag, kleurvolle teaterprduksie, afgerond met die stylvolle dames van ons massakoor, uitmuntende musiek verwerk deur musikale genie, Janine Neethling, en natuurlik ons eie storieman, Nataniël.
Stap 1 Registreer as ’n sopraan of alt
Stap 2 Ons stuur die musiek vir jou pdf’s en mp3’s
Stap 3 Jy leer die musiek
Stap 4 Jy daag 23 September op vir die eerste repetisie
Lees meer en laai die volledige projekskedule op die webwerf af by singsussasing.co.za