What: 📅 Kersfees Skouspel 2025
When:
Where: 🕳 SunBet Arena at Time Square Casino, 209 Aramist Ave, Waterkloof Glen
How much:
🎟️ R650.00Webtickets
Lefra Produksies kondig met trots aan dat die Kersfees Skouspel vanjaar terugkeer na SunBet Arena, Time Square in Pretoria op Versoeningsdag, Dinsdag 16 Desember, om 15:00. Meer as ’n dosyn van Suid-Afrika se topkunstenaars sal op die verhoog verskyn in ’n glansryke viering van Kersfees — ’n konsert wat beloof om die feestelike gees in ware Boney M-styl te laat herleef!
Die befaamde Chanie Jonker tree op as musiekregisseur, terwyl Frans Swart, bekend vir sy regie van die gewilde Lefra-klugte soos My Boetie se Sussie se Ou, die regisseurstoel vol selfvertroue inneem. Die produksie spog met ’n volledige orkes en die Magaliesberg Kinderkoor o.l.v. Hannelie van Sittert en beloof om die perfekte begin van die feestyd te wees.