What: 🎵 ELEOS Valentynsbal 2026 in samewerking met ontbytSAKE
https://tickets.tixsa.co.za/event/eleos-valentynsbal-2026-in-samewerking-met-ontbytsake
When:
Where: 🕳 The Maslow Time Square
How much:
🎟️ R800.00Valentynsbal Kaartjie
ELEOS VALENTYNSBAL 2026
ontbytSAKE is trots daarop om hande te vat met die liefdadigheidsorganisasie,
Eleos, in die aanbieding van hul Valentynsbal en fondsinsameling op 14
Februarie 2026 by die luukse Maslow Time Square in Pretoria. Hierdie
geleentheid beloof om ’n feesviering te wees van hoop, dankbaarheid en
bowenal… liefde!
Die rooitapyt-aankoms open om 16:00 vir registrasie, glansfoto’s en onderhoude
deur ontbytSAKE se gewilde aanbieder, Leon Gropp. Hierna volg gesellige
saamkuier met vonkelwyn en canapés op die swembaddek tot 17:45, waarna gaste
hul sitplekke sal inneem in die Diamond-onthaalsaal.
Maak gereed vir ’n swierige aand van plaaslike talent, musiek, staaltjies en
suksesstories; asook ’n watertand aansit-ete, uitsoekwyne en ’n
kontantkroeg.Kom deel in die blymoedige groothartigheid van die donateurs
tydens die fondsinsamelings-veiling, en dans tot ounag in die arms van jou
geliefde!
BESPREKINGS: KAARTJIES & DONASIES
Vir hierdie uitsonderlike gala-aand is ’n enkelbespreking onderhewig aan:
Kaartjie: R800
Minimum donasie: R1 400Totaal per persoon: R2 200
Besighede word aangemoedig om tafels van 10 gaste elk te bespreek as deel van
hul maatskaplike betrokkenheidsinisiatiewe.Totaal per tafel: R22 000 (R8 000
kaartjies + R14 000 minimum donasie).
Daar is ook die opsie vir addisionele donasies, want elke bydrae – klein of
groot – dien as ’n baken van hoop vir Eleos se behoeftige gesinne in Pretoria-
Wes.
Alle donasies sal die toepaslike Artikel 18A-sertifikaat vir
belastingaftrekking ontvang.
NOTAS VAN BELANG
Drag: Formeel (aandrok / das en baadjie)Tyd: 16:00 – 23:30Registrasie: Wys jou
TIXSA-kaartjie (QR-kode) by aankomsNavrae: Marie-Louise McLaren –
ml@mmclaren.co.zaWhatsApp: 082 413 9984Parkering: Betaalde onderdakparkering
beskikbaar vanaf CorobaystraatArtikel 18A-sertifikate: Hester Coetsee –
hester@eleos.co.za / 083 236 6386Veilingitem-borgskappe: Tertia Morgan –
tertia@morganholdings.co.za / 083 676 1105Facebook:
facebook.com/eleosHutsmerke: #eleos #eleos26 #ontbytsake #GenadeInAksie
#Valentynsbal2026 #LiefdeInAksie
MEER OOR ELEOS
Eleos is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie waarvan die Griekse
naam Genade In Aksie beteken. En aksie is presies wat ’n handjievol mammas van
die ooste van Pretoria in Augustus 1998 geneem het toe hulle ’n speelgroepie
in Booysens besoek het. Die desperate nood van die kinders het hulle só
aangegryp dat hulle onmiddellik besluit het om aktief betrokke te raak.
Hulle het gou besef dat baie gesinne basiese noodsaaklikhede kortkom, en dat
maatskaplike opheffing asook voortgesette projekte nodig was om ’n verskil in
die kinders se lewens en die gemeenskap te maak.
Vandag, meer as 27 jaar later, bedryf Eleos 18 volhoubare gemeenskapsprojekte
wat op die gesin as geheel fokus. Hieronder tel:
Huis van Genade (gemeenskapsentrum in Wilhelmstraat)
Huis van Hoop (sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Marketstraat)
Drie naskole in die omgewing
Hierdie projekte dien as bakens van hoop vir talle behoeftige gesinne.
Eleos werk volgens Christelike norme en -waardes en bied onvoorwaardelike
ondersteuning aan almal, ongeag ras of kultuur, met die doel om gemeenskappe
te help om hulself op te hef en die kringloop van armoede te verbreek.
Individue en maatskappye kan by projekte aansluit deur borgskappe, vrywillige
deelname en donasies. Met Eleos se noukeurige finansiële praktyke word Artikel
18A belastingaftrekbare sertifikate uitgereik vir donasies.
Vir meer inligting oor Eleos se werk en impak in Pretoria-Wes, besoek
www.eleos.co.za of kontak Hester Coetsee (083 236 6386) vir ’n
besigtigingstoer van die projekte
KOM IN KONTAK
012 880 2635 / support@tixsa.co.za
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 9vm - 5nmSaterdae: 10vm - 2nmSondae: 10vm - 1nmOpenbare
Vakansiedae: 10vm - 1nm