Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

What: 📅 Erfenis is Groot - Ten bate van BloedRivier - Erfenisterrein

Erfenis is Groot - Ten bate van BloedRivier - Erfenisterrein

https://tickets.tixsa.co.za/event/erfenis-is-groot-ten-bate-van-bloed-rivier

When:

Where: 🕳 Voortrekker Monument

How much:

🆓 Algemene Kaartjie: onder 13

🎟️ R50.00Roer Vroeg Kaartjie: Pensioenarisse & Kinders 13-18

🎟️ R100.00Roer Vroeg Kaartjie: Volwassenes

🎟️ R150.00Fietsry & Roer Vroeg Kaartjie: Volwassenes

Kom vier jou erfenis saam met die Rapportryers, wat 75 jaar jonk is, by die ikoniese Voortrekkermonument!Alles ten bate van die Bloedrivier- erfenisterrein.
Besonderhede:Datum: Saterdag, 5 April 2025Tyd: 05:00 tot 19:00Plek: Amfiteater-afdakke, Voortrekkermonument, Pretoria

Jy kry:

Vermaak: Optredes deur Ricus en Lisa Nel, Ichnus, sowel as Ruan du Toit.
Braaiplek: Kole voorsien deur Charka. Bestel jou braaipak saam met jou kaartjie en kom braai self jou gunstelingvleis, verskaf deur Hokaai Vleismark.
Bykosse: Lekker pap en sous.
Kontantkroeg
Boeremark: Vanaf 05:00.
Erfenisstalletjies: Beskikbaar die hele dag.
Bergfietstydtoets: Familievriendelik (60/120 min), vanaf 07:00 tot 11:00. Aangebied deur XCOSA – kontak Pierre by (079) 717-1209 vir meer inligting.
Perdry-pretritroete: Bring jou eie perd en geniet ’n veilige roete vanaf 07:00 tot 11:00, met die Voortrekkermonument in die agtergrond. Beslis ’n unieke ervaring!
Gratis Parkering: Spesiale areas vir motorfietse, fietsryers en perderuiters, sowel as veilige parkering vir almal.

Bring saam:

Jou familie en vriende.
Eetgerei vir die braai (braaitang en gunstelingbraaispeserye).
Gemaklike kampstoele, komberse en sambrele.
Afdakkies (gazebo’s) vir die braai.
Jou bergfiets, perd of motorfiets.

Los liewer tuis:

Geen eie kos of drank word toegelaat nie.
Geen wapens, vuurwerke of dwelms word toegelaat nie.

GET IN TOUCH
012 880 2635 / support@tixsa.co.za
OPERATING HOURS
Ticketing Support:

Monday - Friday: 9am - 5pm
Saturdays: 10am - 2pm
Sundays: 10am - 1pm
Public Holidays: 10am - 1pm