What: 📅 Die Afrikaner Fees

https://tickets.tixsa.co.za/event/afrikaner-fees
When:
Where: 🕳 Voortrekker Monument
How much:
🎟️ R25.00Early bird | Under 6yrs
🎟️ R150.00Early bird | General Public Under 18
🎟️ R210.00Early bird | General Public over 18
🎟️ R950.00VIP
Kom vier Afrikaans saam met ons by Die Afrikaner Fees 2025 met topklas vermaak
deur van die land se grootste Afrikaanse kunstenaars.
Hierdie is ’n viering van 100 jaar van die Afrikaanse taal, ’n eeu van
kultuur, trots en saamwees.
Hierdie unieke en inspirerende geleentheid nooi jou uit om die ryk erfenis,
taal, kuns en gees van die Afrikaanse gemeenskap ten volle te beleef.
Dis ’n fees vir elke Afrikaanse hart – van jonk tot oud, en vir almal wat deel
is van ons storie.
Beleef uitsonderlike kunsuitstallings, verhoogproduksies en lewendige
musiekoptredes wat Afrikaanse kreatiwiteit in sy volheid vier.
Vir gesinne wag daar hope pret en interessante aktiwiteite, insluitend
uitstallings wat die geskiedenis van Afrikaans op dinamiese en toeganklike
maniere vertel.
Kom geniet heerlike Afrikaanse geregte – van geurige boeregeregte tot
kreatiewe nuwe weergawes van geliefde disse – en besoek ons volledig
toegeruste gin bars en kroeë met ’n wye verskeidenheid van keuses.
Vir kaartjienavrae, kontak TIXSA:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: support@tixsa.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm